Leonardville

Leonardville
'n Lugbeeld van Leonardville in 2015
'n Lugbeeld van Leonardville in 2015
Leonardville is in Namibia
Leonardville
Leonardville
Koördinate: 23°30′00″S 18°48′00″O / 23.50000°S 18.80000°O / -23.50000; 18.80000
LandVlag van Namibië Namibië
StreekOmaheke
KiesafdelingAminuis

Leonardville is ’n nedersetting in die Omaheke-streek in die ooste van Namibië en vorm deel van die kiesafdeling Aminuis. Die jaarlikse reënval is 236 mm, hoewel 530 mm in die 2010/’11-reënseisoen gemeet is.

Leonardville was die vernaamste nedersetting van die Khauas-Nama-substam van die Oorlams tot Duitsland se imperiale magte, die Schutztruppe, hulle in 1894 en 1896 verslaan het. Vroeër is die omgewing bewoon deur die Taa-sprekende San tot die Rooinasie, wat die plek Naosanabis genoem het, hul grond beset het. Omstreeks 1840 het ’n groep mense onder leiding van Amraal Lambert, die eerste kaptein van die Kaiǀkhauan Orlam, die gebied binnegekom. Hulle het woonreg en weiding in die land van die Rooinasie gekry teen ’n jaarlikse betaling.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy