’n Leptongetal (histories ook leptonlading genoem)[1] is in deeltjiefisika ’n kwantumgetal wat behoue bly en die verskil verteenwoordig tussen die getal leptone en die getal antileptone in ’n reaksie van elementêre deeltjies.[2] Dit is dus die getal leptone minus die getal antileptone. Wiskundig kan die leptongetal uitgedruk word as , waar die getal leptone is en die getal antileptone.
Die ses leptone is die elektron, muon en tau asook hul neutrino's: die elektronneutrino, muonneutrino en tauneutrino. Dié ses deeltjies het elkeen ’n antideeltjie, wat ’n teenoorgestelde elektriese lading het.