Letgallen

'n Tipiese meerlandskap in Letgallen

Letgallen (Letgallies: Latgola; Lets: Latgale; Pools: Łatgalia) is een van Letland se vyf historiese landskappe. Die gebied, wat die binnelandse suidoostelike deel van Letland behels en aan Litaue en Wit-Rusland grens, word deur 'n multikulturele bevolking gekenmerk – naas die inheemse Letgalle word dit tradisioneel veral deur Jode, Pole, Litauers, Wit-Russe en Russies-Ortodokse Ougelowiges bewoon.

Die Daugava is die belangrikste rivier in Letgallen, wat ook ryk aan mere is.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy