Lugskip

'n Moderne lugskip.
Die USS Akron (ZRS-4) tydens 'n vlug in 1931.

'n Lugskip is 'n vaartuig wat staat maak op gasse wat ligter is as lug om dit in die lug te hou en word deur die lug aangedryf deur 'n roer en skroewe (en) : propellers) of 'n ander vorm van stukrag. Anders as vliegtuie en helikopters wat stukrag verkry deur die opwaartse krag op 'n vlerk wat vinnig deur die lug beweeg, bly lugskepe en warmlugballonne in die lug as gevolg van gasse wat ligter is as die omliggende lug.

Lugskepe kan onderskei word aan die hand van hul raamwerke. Sommige het glad nie 'n rigiede raamwerk nie, terwyl ander rigiede raamwerke het en dan is daar ook lugskepe waarvan die raamwerke kenmerke van beide bogenoemde soorte het. Rigiede lugskepe met 'n volledige raamwerk, soos die massiewe Zeppelin transoseaniese vaartuie, word nie meer deesdae gebou nie.

Lugskepe was die eerste vaartuie wat beheerde, aangedrewe vlugte onderneem het. Voor die aanbreek van die 1940's is hulle gereeld gebruik. Die gebruik van lugskepe het afgeneem soos vliegtuie se vermoëns toegeneem het. Hulle gebruik het skerp afgeneem na 'n reeks opspraakwekkende ongelukke, insluitende die uitbrand van die waterstofgevulde Hindenburg naby Lakehurst, New Jersey. Lugskepe word steeds vir spesialisdoeleindes aangewend soos advertensies of as platforms vir kameras tydens groot sportgebeurtenisse.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy