Luikrug

Tipiese pilaaruitleg van 'n sedan (A-B-C, driekas), stasiewa of "estate" (A-B-C-D, tweekas) en luikrug (A-B-C) van dieselfde modelreeks.
VW Polo-luikrug
'n 1938 Citroën-luikrug.
Die 1963 Renault R1120, die eerste luikrug waarvan een miljoen eksemplare verkoop is.
'n Opel Corsa-luikrug

'n Luikrug is 'n motorbakontwerp met 'n agterdeur wat opswaai om toegang te verleen tot 'n vragruim.[1][2][3][4] Luikrugmotors mag 'n tweede ry sitplekke hê wat platvou, waar die binneruim buigsaam aangepas kan word om passasiers of vragvolume te prioritiseer. Luikrugmotors kan twee- of driekasontwerpe wees.

Terwyl vroeë voorbeelde van dié motorbakontwerp terugdateer na die 1930's, dateer die Merriam-Websterwoordeboek die term synde 1970.[2] Die luikrugbakstyl word wêreldwyd bemark op motors wat wissel in grootte van supermini's, klein gesinsmotors tot uitvoerende motors en 'n paar sportmotors.

  1. "hatchback - Definisie uit die Free Online Dictionary, Thesaurus and Encyclopedia" (in Engels). Thefreedictionary.com. n.d. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Mei 2020. Besoek op 12 Julie 2015.
  2. 2,0 2,1 "Hatchback - Definisie uit die Merriam-Websterwoordeboek" (in Engels). Merriam-webster.com. 31 Augustus 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Julie 2019. Besoek op 12 Julie 2015.
  3. "hatchback - Definisie uit die Longman English Dictionary Online" (in Engels). Ldoceonline.com. n.d. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Julie 2019. Besoek op 12 Julie 2015.
  4. "hatchback: Definisie uit die Oxfordwoordeboek". Oxforddictionaries.com. n.d. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Februarie 2014. Besoek op 12 Julie 2015.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy