Lund

Lund

Kaart Wapen
Vlag
 Land Vlag van Swede Swede
 Landskap Skone
 Län Skåne
 Koördinate 55°42′N 13°12′O / 55.700°N 13.200°O / 55.700; 13.200
 Stigting ca. 1020
 Oppervlakte:  
 - Totaal (kommun) 439,88 vk km[1]
 Hoogte bo seevlak 30 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2023) 130 288[2]
 - Bevolkingsdigtheid (kommun) 296,2/vk km
 Tydsone UTC +1 (MET)
 - Somertyd UTC +2 (MEST)
 Klimaat  
 - Tipe Gematigde seeklimaat
 - Gemiddelde jaarlikse temperatuur 9,0 °C
 - Gem. temp. Januarie/Julie 0,9 / 18,3 °C
 - Gemiddelde jaarlikse neerslae 676,1 mm
 Amptelike webwerf lund.se

Lund (Sweeds: [ˈlɵnːd], is 'n stad in die provinsie Skone in die suide van Swede. Dit beslaan 'n oppervlakte van 439,88 vierkante kilometer en het in 2023 'n bevolking van 130 288 gehad. Volgens die nuutste bevindinge is die stad in ongeveer 990 gestig toe Skone aan Denemarke behoort het. Dit het gou 'n groot Christelike sentrum in die Oossee-gebied geword in 'n tyd toe die noorde nog 'n grensland vir Christelike sendingwerk was, veral in Skandinawië en in besonder Denemarke deur die Middeleeue. Van 1103 was dit die setel van die aartsbiskop. In die middel van die stad staan die Dom van Lund wat tussen 1019 en 1145 gebou is.

Lund Universiteit wat in 1666 gestig is, is vandag een van Skandinawië se grootste instellings vir opleiding en navorsing.[3][4][5]

  1. (en) "Square kilometre by region, type of area and year". Statistiek Swede. 2024. Besoek op 12 Mei 2024.
  2. (sv) "Folkmängd och befolkningsförändringar – Kvartal 4, 2023". Statistiek Swede. 22 Februarie 2024. Besoek op 12 Mei 2024.
  3. (en) Lund University Geargiveer 14 November 2016 op Wayback Machine, Die Solanderprogram Webblad
  4. (en) Universiteite in die Øresundgebied Geargiveer 21 April 2008 op Wayback Machine, Øresund Entrepreneurskapsakademie Webblad
  5. (sv) , (en) Tuisblad van Lund University

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy