Lutzville

Lutzville
Lutzville is in Wes-Kaap
Lutzville
Lutzville
 Lutzville se ligging in Wes-Kaap
Koördinate: 31°33′S 18°21′O / 31.550°S 18.350°O / -31.550; 18.350
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieWes-Kaap
DistrikWeskus
MunisipaliteitMatzikama
Oppervlak
 • Totaal2,33 km2 (0,90 vk. myl)
Bevolking
 (2011)[1]
 • Totaal5 232
 • Digtheid2 245/km2 (5 810/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
 • Wit mense13.4%
 • Indiërs/Asiërs0.5%
 • Bruin mense75.5%
 • Swart mense10.0%
 • Ander0.5%
Taal (2011)
 • Afrikaans 91.4%
 • Xhosa 4.1%
 • Engels 1.8%
 • Ander 2.6%
Poskode (strate)
8165
Poskode (posbusse)
8165
Skakelkode027

Lutzville is 'n klein maar groeiende dorp in die Matzikama munisipaliteit in die noordweste van die Wes-Kaap. Dit is 22 km noordwes van Vredendal en 45 km wes van Vanrhynsdorp geleë.

Johann Lutz, seun van die bekende Japie Lutz, het in Augustus 1923 as verteenwoordiger van die Departement van Grondsake by Vlermuisklip aangekom met die opdrag om 'n dorp aan te lê en 'n besproeiingskema te begin. Die dorp is later na hom vernoem.[2]

Die dorp is aan die benedeloop van die Olifantsrivier geleë in 'n landbougebied waar lusern en ander gewasse verbou word. Die naam van die dorp was eers Vlermuisklip, maar mettertyd gewysig om dieselfde as die plaaslike NG gemeente Lutzville te wees. Die naam van die spoorwegstasie, ook voorheen Vlermuisklip, is eers in 1950 na Lutzville verander.

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 "Hoofplek Lutzville". Sensus 2011.
  2. p77, Vol 7, Standard Encyclopedia of South Africa, Nassou Limited, 1972

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy