Lystrosaurus

Lystrosaurus
Tydperk: Laat Perm - vroeë Trias, 255–250 m. jaar gelede
Lystrosaurus murrayi
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Suborde:
Infraorde:
Familie:
Genus:
Lystrosaurus

(Cope, 1870)
Spesies
  • L. curvatus
  • L. declivis
  • L. georgi
  • L. maccaigi
  • L. murrayi
Die verspreiding van Lystrosaurus op die superkontinent Gondwana (in bruin).

Lystrosaurus ("graafakkedis", van die Griekse λίστρον lístron, "graaf") was ’n plantvretende genus van die disinodont-terapsides uit die laat Perm tot vroeë Trias wat sowat 250 miljoen jaar gelede voorgekom het in wat nou Suid-Afrika, Antarktika, Indië, China, Mongolië en Rusland is. Vier tot ses spesies word tans erken, maar tussen die 1930's en 1970's is geglo dié getal is veel hoër. Hulle het in grootte gewissel van ’n klein hond tot 2,5 m lank.

Omdat dit ’n disinodont was, het Lystrosaurus net twee tande gehad (’n paar groot hoektande). Dit het vermoedelik ook ’n horingagtige bek gehad wat gebruik is om stukkies plante af te kou. Dit was ’n swaar geboude dier met veral sterk voorledemate. Dus kon hy waarskynlik goed grawe.

Die dier het die Perm-Trias-uitwissing 252 miljoen jaar gelede oorleef. In die vroeë Trias was hulle verreweg die algemeenste gewerweldes op land en het tot 95% van die individue in sommige fossielbeddings uitgemaak.[1] Navorsers het verskeie teorieë oor hoekom Lystrosaurus die uitwissing oorleef en in die vroeë Trias floreer het.

  1. Damiani, R. J.; Neveling, J.; Modesto, S.P.; Yates, A.M. (2004). "Barendskraal, a diverse amniote locality from the Lystrosaurus assemblage zone, Early Triassic of South Africa". Palaeontologia Africana. 39: 53–62.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy