MSNP

Mobile Status Notification Protocol (MSNP, is nie 'n afkorting vir "Microsoft Network Protocol" soos algemeen aanvaar word nie) is die netwerkprotokol wat deur .NET Messenger Service vir MSN Messenger en ander Internet-gesels programmatuur soos Trillian en Windows Messenger gebruik word.

Met elke groot verandering wat aan die protokol gemaak word, word die weergawenommer met een vergroot. Die protokol is dus MSNP1, MSNP2, ens. Microsoft het gedurende Oktober 2003 begin om alle programmatuur wat protokol weergawes laer as MSNP8 nie meer op die geselsnetwerk toe te laat nie.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy