Manasse

Smeekbede van Manasse
Manasse volgens die Promptuarii Iconum Insigniorum.

Manasse was die veertiende koning van die koninkryk van Juda en het 55 jaar regeer. Hy is uit die familie van koning Dawid en die seun van koning Hiskia. Volgens die Bybel het hy gruwelike sondes gepleeg teen die Here en is daarvoor gestraf. Hy het egter berou gehad en is deur die Here begenadig. Hy is deur sy seun Amon opgevolg.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy