Manetho

Manetho (of Manethon; Grieks: Μανέθων, Manethōn of Μανέθως, Manethōs) was ’n historikus en priester van Antieke Egipte wat tydens die Ptolemeïese Tydperk omstreeks die 3de eeu v.C. geleef het.

Hy het die Aegyptiaca ("Geskiedenis van Egipte") geskryf. Sy werk is van groot belang vir Egiptoloë en word dikwels as verwysing gebruik om die chronologiese volgorde vas te stel van die farao's se regeringstye. Die vroegste en enigste verwysing na Manetho se Aegyptiaca wat behoue gebly het, is die Joodse historikus Josephus in sy werk Teen Apion.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy