Mansinam

Mansinam by Manokwari op die Voëlkop.

Mansinam is 'n eilandjie van ongeveer 411 ha in die baai van Doreh (Doriri) 6 km suid van die stad Manokwari aan die ooskus van die Voëlkop-gebied van Nieu-Guinee (die Indonesiese provinsie Papua).

Die eiland het groot betekenis vir die Christene van Wes-Papua. Die eerste sendelinge, die Duitsers Carl. W. Ottow en Johann G. Geissler, het op 5 Februarie 1855 hier geland. Daar is 'n museum en 'n religieuse sentrum met 'n Jesus-beeld van 30 m.[1]

  1. "Patung Yesus di Pulau Injil Mansinam 14 Nov 20133" (in Indonesies). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Desember 2014.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy