Mantis

Mantis
'n Chinese mantis (Tenodera aridifolia) verslind by-prooi (bo), en 'n eierpakkie of oöteek met 'n parasietwespe (onder)
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Mantodea
Families

Chaeteessidae
Metallyticidae
Mantoididae
Amorphoscelididae
Eremiaphilidae
Hymenopodidae
Liturgusidae
Mantidae
Empusidae

'n Mantis (ook bekend as 'n bidsprinkaan, hottentotsgot, of hotnotsgot) is 'n insek wat tot die orde Mantodea behoort.[1] Daar is meer as 2 400 verskillende spesies bekend, wat in om en by 30 families onderverdeel word.

Hierdie insekte word dwarsoor die wêreld in gematigde en tropiese habitatte aangetref. Die mantisse se naaste verwante ordes is die termiete (voorheen Isoptera) en naverwante kakkerlakke (Blattodea) wat tans onder die Blattodea verenig word. Hierdie drie groepe word onder een superorde, die Dictyoptera, verenig.

Die mantis is 'n vleisvretende insek met vier vlerke, 'n besonder lang voorborsstuk en voorpote met hake. Die voorpote word omhoog gehou en aangewend om die insek se prooi te vang en vas te klem. Afgesien van die opvallende voorpote waarmee die hottentotsgot sy prooi vang, is die sterk, verlengde borsstuk en die beweeglike driehoekige kop sy belangrikste kenmerke. Hulle vreet veral insekte en ander klein diere, maar ook soms klein voëltjies.[2]

Hierdie roofinsekte staan ook as bidsprinkane bekend vanweë die kenmerkende manier waarop hulle hul voorpote onder hul borsstukke invou. Hottentotsgotte is egter nie sprinkane nie, maar wel verwant aan die kakkerlak – al lyk hulle uiterlik nie na mekaar nie. Die wyfies vreet die mannetjies gewoonlik tydens paring op. Van die grootste spesies kan tot 16 cm lank word, maar die meeste spesies is heelwat kleiner. Hottentotsgotte van die familie Mantodea is die mees spesieryke groep.

  1. [1] 2008 Encyclopædia Britannica, Inc.
  2. Bird Predation By Praying Mantises: A Global Perspective Martin Nyffeler, Michael R. Maxwell, J. V. Remsen, Jr. The Wilson Journal of Ornithology 129(2):331-344. 2017.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy