Mantsjoerye-insident

Japannese troepe wat Shenyang binnegaan tydens die Mantsjoerye-insident

Die Mantsjoerye-insident, ook bekend in Chinees as die 9.18 insident (九・一八), was 'n valsvlag gebeurtenis uitgevoer deur Japannese militêre personeel wat as 'n voorwendsel vir die 1931 Japannese inval in Mantsjoerye gedien het.[1][2][3]

Op 18 September 1931 het luitenant Suemori Kawamoto van die Onafhanklike Garnisoen-eenheid van die 29ste Japannese Infanterie Regiment (独立守備隊) 'n klein hoeveelheid dinamiet laat ontplof[4] naby 'n spoorlyn wat besit word deur Japan se Suid-Mantsjoerye Muangden-spoorweg.[5] Die ontploffing was so swak dat dit nie daarin geslaag het om die spoor te vernietig nie, en 'n trein het minute later daaroor gery. Die keiserlike Japannese weermag het Chinese andersdenkendes van die daad beskuldig en gereageer met 'n volle inval wat gelei het tot die besetting van Mantsjoerye, waarna Japan ses maande later sy marionetstaat Mantsjoekwo gevestig het. Die misleiding is ontbloot deur die Lytton-verslag van 1932, wat Japan diplomatiek geïsoleer het en tot sy onttrekking in Maart 1933 aan die Volkebond gelei.[6]

Die bomaanval staan bekend as die Liutiao-meer-insident (tradisioneel Chinees: 柳條湖事變; ; vereenvoudigde Chinees: 柳条湖事变; pinyin: Liǔtiáohú Shìbiàn, Japannees: 柳条湖事件, Ryūjōko-jiken), en die hele episode van gebeure is bekend in Japan as die Mantsjoerye-insident (Kyūjitai: Manchurian Incident, Shinjitai: 満州事変, Manshū-jihen) en in China as die 18 September insident (tradisioneel Chinees: 九一八事变; vereenvoudigde Chinees: 九一八事變; pinyin: Jiǔyībā Shìbiàn

  1. The Cambridge History of Japan: The Twentieth Century, bl. 294, Peter Duus,John Whitney Hall, Cambridge University Press: 1989 ISBN 978-0-521-22357-7
  2. An instinct for War: Scenes from the battlefields of history, bl. 315, Roger J. Spiller, ISBN 978-0-674-01941-6; Harvard University Press
  3. Concise dictionary of modern Japanese history, bl. 120, Janet Hunter, University of California Press: 1984, ISBN 978-0-520-04557-6
  4. The Cambridge History of Japan: The Twentieth Century, bl. 294, Peter Duus, John Whitney Hall, Cambridge University Press: 1989. ISBN 978-0-521-22357-7
  5. Fenby, Jonathan. Chiang Kai-shek: China's Generalissimo and the Nation He Lost. Carroll & Graf: 2003, bl. 202
  6. Encyclopedia of war crimes and genocide, bl. 128, Leslie Alan Horvitz & Christopher Catherwood, Facts on File (2011); ISBN 978-0-8160-8083-0

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy