Marikana

Marikana

Rooikoppies
Marikana is in Noordwes (Suid-Afrikaanse provinsie)
Marikana
Marikana
Koördinate: 25°41′52″S 27°28′19″O / 25.69778°S 27.47194°O / -25.69778; 27.47194
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieNoordwes
DistriksmunisipaliteitBojanala Platinum
Plaaslike MunisipaliteitRustenburg
Oppervlak
 • Totaal17,54 km2 (6,77 vk. myl)
Hoogte
,8,2 m (2,6 ft)
Bevolking
 • Totaal19 522
TydsoneUTC+2 (SAST)
Poskode
0284
Skakelkodes014

Marikana is 'n dorpie in die Noordwes, Suid-Afrika. Die dorpie is halfpad tussen Brits en Rustenburg en is geleë langs die hoofspoorlyn tussen die twee dorpe. Daar is verskeie platina-myne in die omgewing.

Marikana is aangelê op die plaas Rooikoppies. Toe die spoorweg gebou is, het die verantwoordelike beampte na 'n naam vir die stasie gesoek. 'n Spruitjie nie ver van die stasie af nie heet Maretlani, 'n inheemse naam vir 'n struik wat in oorvloed groei. Die beampte kon nie dié naam korrek uitspreek nie en het dit vervorm tot "Marikani", wat later verander het in Marikana. Op 22 April 1944 het die Nederduitse Gereformeerde Kerk 'n gemeente hier gestig as Rustenburg-Oos, later Marikana genoem, wat 402 belydende lidmate gehad het in 2012. Die gemeente het intussen die bynaam Magaliesberg Gesinskerk gekry.

  1. Sensus 2011

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy