Mariner-program

Mariner 1 word lanseer in 1962

Die Mariner-program was 'n tien-sending program wat deur die Amerikaanse ruimteagentskap NASA in samewerking met Jet Propulsion Laboratory (JPL) gedoen is.[1] Met die program is tien onbemande ruimtetuie gelanseer wat interplanetêre reise onderneem het vanaf 1962 tot 1973 met die doel om Mars, Venus en Mercurius te ondersoek.[2]Die program het 'n paar eerstes behaal, die eerste vlug verby 'n planeet, die eerste keer dat 'n ruimtetuig in 'n wentelbaan om 'n planeet geplaas word en die eerste verandering van rigting van 'n ruimtetuig met behulp van gravitasie, ook bekend as swaartekragslinger.

Van die tien sendings in die program was sewe suksesvol wat die begin was vir vele meer NASA/JPL ruimteverkenningprogramme. Die beplande Mariner Jupiter-Saturnus ruimtetuie was aangepas vir die Voyager-program[3] terwyl die Viking-program wenteltuie 'n vergrote weergawe van die Mariner 9 ruimtetuig was. Latere Mariner-gebaseerde ruimtetuie sluit die Magellan verkenningstuig, die Galileo verkenningstuig asook die tweede generasie Mariner Mark III-reeks in wat aangepas is as die Cassini–Huygens verkenningstuig.

Die totale koste van die Mariner-program was ongeveer $554 miljoen.[4]

Daar was besluit op die naam van die program in Mei 1960, op die voorstel van Edgar M. Cortright. Die gedagte was om die planetêre verkenningstuie na maritieme terme te laat verwys, om die indruk van reis oor lang afstande en na veraf geleë eilande te skep. Daardie gedagte het aanleiding gegee tot die name van Mariner, Ranger, Surveyor en Viking.[5]

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named M2_final
  2. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named M_program
  3. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named butrica
  4. Mariner 4, NSSDC Master Catalog
  5. SP-4402 Origins of NASA Names

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy