Maroela

Maroela
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Klade: Rosids
Orde: Sapindales
Familie: Anacardiaceae
Genus: Sclerocarya
Spesie:
S. birrea
Binomiale naam
Sclerocarya birrea
(A. Rich.) Hochst.
Sinonieme

Poupartia birrea (A. Rich.) Aubrév
Spondias birrea (A. Rich.) [1]

Die maroela (Sclerocarya birrea (A. Rich.) Hochst) is 'n medium-groot boom wat inheems is aan die miombo bosveld van Suider-Afrika en die Sudano-Sahelianreeks van Wes-Afrika. Dis 'n enkelstam-boom met 'n wye kroon en kenmerkende grys bas. Die maroela groei tot 18 m hoog en word meestal aangetref in oop bosveld. Die vrug van die maroela word gebruik in die bekende Amarula likeur. Die bome word nie gekweek nie; die vrugte word van wilde bome geoes. Die vrug het 'n ligte geel skil, wit vleis ryk aan vitamien C, en 'n groot pit. Dit is sappig wanneer dit geëet word. Maroelas behoort tot die plantfamilie Anacardiaceae. Die boom se FSA-nommer is 360.[2]

  1. "Entry for Sclerocarya birrea". JSTOR Global Plants. JSTOR. Besoek op 12 Januarie 2014.
  2. Van Wyk, Piet (2008). Field guide to the TREES of the Kruger National Park. Kaapstad: Struik. p. 138. ISBN 978-1-77007-759-1.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy