MiG-21

MiG-21 "Fishbed"
'n MiG-21 Lancer C van die Roemeense Lugmag
Tipe Onderskepvegter
Vervaardiger Mikojan
Ontwerp deur Artem Mikojan
Nooiensvlug 14 Februarie 1956
Vrygestel 1959
Status Beperkte diens
Hoofgebruikers Russiese Lugmag
Siriese Lugmag
Indiese Lugmag
Libiese Lugmag
Vervaardig 1959 (MiG-21F) tot 1985 (MiG-21bis)
Aantal gebou 11,496
(10,645 in die Sowjetunie, 657 in Indië, 194 in Tsjeggo-Slowakye)

Die Mikojan-Goerewitsj MiG-21 (Russies: Микоян и Гуревич МиГ-211) is 'n supersoniese straalvegvliegtuig wat in die Sowjetunie met die oog op lugsuperioriteit ontwikkel is. Nadat die vegvliegtuig deur die Mikojan-Goerewitsj Ontwerpburo in Moskou ontwerp en laat bou is, is dit in 1959 deur die destydse Sowjetlugmag in gebruik geneem. Die vliegtuig is sedertdien onttrek aan Russiese diens.

Sy bynaam is "Balalaika", a.g.v. die vliegtuig se ooreenkoms in vorm met die Russiese musiekinstrument, en volgens Poolse vlieëniers te danke aan die vorm van die romp.[1]

Vroeë weergawes was tweedegeslag vegvliegtuie, terwyl latere weergawes beskou word as derdegeslag vegvliegtuie. Ongeveer 60 lande oor vier kontinente het met MiG-21's gevlieg, en 'n halfeeu na sy eerste vlug is hy nog steeds in baie lande se diens. Die vegter hou verskeie lugvaartrekords, by name is dit die mees-vervaardigde supersoniese straalvliegtuig in lugvaartgeskiedenis. Dit is ook die mees-vervaardigde vegvliegtuig sedert die Koreaanse Oorlog en het ook voorheen die langste produksieloop van 'n vegvliegtuig (1959-1985 oor al die modelle) gehad. Dit is nou oortref deur beide die McDonnell Douglas F-15 Eagle en General Dynamics F-16 Fighting Falcon).

In verslae van die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (NAVO) word na die MiG-21 as Fishbed verwys.

'n Ouer MiG-21 analoogkajuit
  1. "MiG-21 – naddźwiękowy ołówek" (in Pools). Geargiveer 6 Junie 2011 op Wayback Machine lotniczapolska.pl, 6 September 2007

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy