Millau-brug

Millau-brug
Millau-brug
Amptelike naam Viaduc de Millau
Dravrag Motorvoertuie
Oorspan Vallei van die Tarnrivier
Ligging Millau, Frankryk
Ontwerp Kabelstut
Langste spanwydte 342 meter
Totale lengte 2 460 meter
Wydte 32 meter
Vryhoogte onder 270 meter by hoogste punt
Openingsdatum 14 Desember 2004

Die Millau-brug (Frans: Viaduc de Millau, [vja.dyk də mi.jo]) is 'n kabelstutbrug wat oor die vallei van die Tarnrivier naby Millau in Suid-Frankryk span. Die brug, wat deur die Franse ingenieur Michel Virlogeux in samewerking met die Britse argitek Norman Foster ontwerp is, is die hoogste voertuigbrug in die wêreld met die toppunt van een van die steunpilare wat 'n hoogte van 341  meter bereik wat effens hoër is as die Eiffeltoring en net 40 meter korter as die Empire State-gebou. Die brug is formeel op 14 Desember 2004 geopen en twee dae later vir verkeer oopgestel.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy