Montmartre

Die trappe van Montmartre
Montmartre word oorheers deur die wit katedraal Sacré-Cœur
Auguste Renoir: Bal du moulin de la Galette
Musée d'Orsay, Parys
Cimetière de Montmartre met die metaalbrug Pont de Caulaincourt
Die wingerd van Montmartre. Die wyn, wat van die druiwe gekelder word, kwalifiseer nie noodsaaklik as edelwyn nie, maar is rede genoeg vir 'n wynfees wat jaarliks gevier word
Skilders op die plein Place du Tertre

Montmartre (Frans: [mɔ̃'maʁtʁ]) is 'n heuwel in die noorde van Parys wat sy naam ook aan die vroeëre dorp, wat teen sy hellings geleë was, verleen het. Die nedersetting met plaashuise en windmeule het rondom die Saint-Pierre-abdy ontstaan. Sy meule het nie net graan fyngemaal nie, maar ook die gipssteen wat in die nabygeleë groef ontgin is. Twee van die oorspronklik dertien meule, La Chapelle en Clignancourt, het bewaar gebly. Die laasgenoemde het in die 19de eeu as danskroeg en tuinrestaurant gedien en is onsterflik gemaak deur Auguste Renoir (1841−1919) se beroemde skildery Bal du moulin de la Galette wat in 1876 ontstaan het.

Nadat dié dorp saam met twee ander nedersettings, La Chapelle en Clignancourt, in 1860 by Parys ingelyf is, dra ook die 18de Paryse arrondissement of stadsdistrik aan die Seine se regteroewer dié naam.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy