Morgen

'n Morgen of morg was 'n maateenheid van grondgebied in Duitsland, Nederland, Pole en die Nederlandse kolonies, insluitend Suid-Afrika en Taiwan. Die grootte van 'n morgen wissel van 0.5 tot 2.5 akkers (2,000 tot 10,100 m2). Dit was ook gebruik in Ou Pruise, die Balkan, Noorweë en Denemarke, waar dit gelyk was aan ongeveer 2/3 akkers (2,700 m2)

Die woord is identies aan die Duitse en Nederlandse woord vir "oggend", omdat, soortgelyk aan die Keiserlike akker, dit dui die oppervlakte aan, wat 'n man agter 'n bees of perd met 'n enkelbladploeg in 'n oggend kan ploeg. DIe morgen was gewoonlik vasgestel op ongeveer 60-70% van die tagwerk (verwysend na 'n volle dag van ploeg). In 1869, het die Noord-Duitse Bond die morgen vasgestel op 'n 1/4 hektaar (2,500 m2) maar in die moderne tyde word die meeste landbou werk in volle hektare gemeet. Die volgende onderste meeteenheid was die Duitse "rute" of imperiale roede maar die metrieke roedelengte van 5 meters het nooit gewild geraak nie. Die morgen word vandag nog steeds gebruik in Taiwan, wat "kah" genoem word. 1 kah is omtrent 2 akkers (8,100 m2).[1]

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named gutenberg-e

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy