Muesli

Muesli is 'n gereg gebaseer op rou hawermout en word gewoonlik vir ontbyt genuttig. Ander bestanddele kan die volgende insluit: ander graansoorte, vars en droë vrugte, sade en neute, melkprodukte of vrugtesap. Die gereg is die eerste keer voorgesit in omtrent 1900 deur dr Maximilian Bircher-Benner. Dit word soms selfs vir middag- of aandete genuttig. Die woord muesli is 'n Switserse variasie van die Duitse woord "müs", wat pap beteken, en die verkleiningsagtervoegsel "li"[1]

  1. "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Augustus 2016. Besoek op 31 Augustus 2016.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy