Muqatta'at

Die geheimsinnige letters of allegoriese letters (Arabies: حُرُوف مُقَطَّعَات, ḥurūf muqaṭṭa'āt, "losgemaakte letters") is kombinasies van tussen een en vyf Arabiese letters waarmee 29 van die 114 hoofstukke (soeras) van die Koran begin ná die Islamitiese Basmala-frase.[1] Dit is ook bekend as "openingsletters" (فَوَاتِح, fawātiḥ), omdat hulle die openingsvers van hulle onderskeie soeras is.[2]

Die helfte van die Arabiese letters (14 van 28) word as allegoriese letters gebruik, soms alleen en soms saam met een, twee, drie of vier ander. Dié letters is: Alief, Gaa, Raa, Sien, Sôd, Tô, Ein, Kaaf, Kôf, Laam, Miem, Noen, Haa, Jaa). Tipiese kombinasies is byvoorbeeld Alief, Laam, Miem aan die begin van hoofstuk 2, 3, 29, 30, 31 en 32, of Alief, Laam, Raa aan die begin van hoofstuk 10, 11, 12, 14 en 15. Vier hoofstukke is na hulle muqatta'āt genoem: Ta-Ha, Yasin, Sad en Kaf; in Afrikaans ook 'n vyfde, Gaa-Miem[3] (Fussalat).

Die oorspronklike betekenis van die letters is onbekend. Volgens teksverklarings van die Koran is hulle afkortings van óf name of eienskappe van God of van die name of inhoud van die onderskeie hoofstukke. Moslems glo oor die algemeen die betekenis is net aan God bekend.

  1. Massey, Keith. Jane Dammen McAuliffe (red.). Mysterious Letters. p. 242. doi:10.1163/1875-3922_q3_EQCOM_00128. {{cite encyclopedia}}: |journal= ignored (hulp)
  2. "Fawātiḥ | Islam". Encyclopedia Britannica (in Engels). Besoek op 20 Februarie 2021.
  3. Die Heilige Quran. In Afrikaans vertaal deur Imam M.A. Baker. Uitgegee deur IDM (Islamic Dawah Movement of Southern Africa) Publications. ISBN 978-0-620-60451-2

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy