Mutare

Mutare

(vroeër Umtali)
Mutare se middestad in 2001.
Mutare se middestad in 2001.
Byname: 
Gateway to the Eastern Highlands, Zimbabwe's Gateway to the Sea
Leuse(s): 
"Justice and Freedom"
Mutare is in Zimbabwe
Mutare
Mutare
Koördinate: 18°58′0″S 32°38′0″O / 18.96667°S 32.63333°O / -18.96667; 32.63333
LandVlag van Zimbabwe Zimbabwe
ProvinsieManicaland
Stigting1897
Regering
 • BurgemeesterBrian James
Hoogte
1 120 m (3 670 ft)
Bevolking
 • Totaal170 106
TydsoneUTC+2 (SAT)

Mutare (tot omstreeks 1982 Umtali) is die derde grootste stad in Zimbabwe naas Harare en Bulawayo. Die geraamde bevolking was 193 629 in 2007. Dit is die hoofstad van die provinsie Manikaland. Umtali was die Sjangaan-vorm van die huidige Mutare.

Toe Cecil John Rhodes die eerste keer die latere Zimbabwe besoek het, het hy vanaf Beira met die enigste toe bestaande spoor gereis, oor 'n bergreeks tussen Mosambiek en Zimbabwe en neergedaal in die vallei van die Mutarerivier. Daar het hy meer as 160 opkomende myne gesien, bewys vir hom van ongekende mineralerykdom in 'n land wat hy as die hedendaagse El Dorado beskou het. Selfs die naam, wat in 'n inheemse taal "rivier van erts" beteken, was 'n aanduiding van die vroeëre ontginning van minerale hier.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy