NRK

Norsk rikskringkasting
Tipe Staatsmaatskappy, openbare diens-uitsaaier
Gestig 1924 / 1933
Hoofkantoor OsloNoorweë
SleutelpersoneThor Gjermund Eriksen
IndustrieUitsaai
ProdukteTelevisie, radio, aanlyn-dienste
Werknemers3 747[1] (2012)
MoedermaatskappyKoninkryk van Noorweë
Webwerfnrk.no
Radiohuset (Kringkastingshuset) is die oudste deel van die NRK se hoofkwartier in Marienlyst (Oslo)

Norsk rikskringkasting AS, wat gewoonlik onder die afkorting NRK bekend staan, is 'n staatsbeheerde Noorse uitsaaikorporasie wat naas televisie- en radioprogramme ook inhoude vir nuwe media soos internettelevisie aanbied. NRK fungeer net soos die Britse BBC, die Sweedse SVT, die Duitse ARD en ZDF en die Suid-Afrikaanse SAUK as 'n publieke uitsaaikorporasie en is 'n lid van die Europese Uitsaaiunie (European Broadcasting Union, EBU). NRK is die grootste mediamaatskappy in Noorweë. NRK het sy hoofkwartiere in Marienlyst (Oslo) en Tyholt (Trondheim).

  1. (no) Antall ansatte i NRK Medienorge/Inst. for informasjon- og medievitenskap, Universitetet i Bergen, besoek op 18 April 2014

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy