Natriumfluoried

Eienskappe

Algemeen

Naam Natriumfluoried
Struktuurformule van
Struktuurformule van
Chemiese formule NaF
Molêre massa 41,99 g/mol [1]
CAS-nommer 7681-49-4[1]  
Voorkoms Kleurlose of wit vastestof  
Reuk geen
Fasegedrag  
Ruimtegroep Fm3
Nommer 225  
Strukturbericht B1
Smeltpunt 993 °C[1]
Kookpunt 1704 °C[1]
Digtheid 2,78 (rel water)[1]
Oplosbaarheid 4.3 g/100 @ 25 deg C [1]

Suur-basis eienskappe

pKa geen

Veiligheid

Flitspunt geen

Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande.

 
Portaal Chemie

Natriumfluoried (NaF) is 'n chemiese verbinding en medikasie. As 'n medikasie word dit hoofsaaklik gebruik om tandbederf in kinders ouer as 6 maande te verhoed in die gebiede waar die drinkwater laag is in fluoried.[2] Natrium fluoried kan mondelings as 'n vloeistof, pil, of pasta geneem word - die gebruik van 'n pasta wat direk aan die tande aangebring word staan as fluoriedterapie bekend.[3]

Normale dosisse kan soms wit merke op die tande veroorsaak, en oormatige dosisse kan lei tot bruin of geel verkleuring.[4] Dit werk waarskynlik meestal deur direkte kontak in op emalje en plaak, en nie sistemies nie. Natrium fluoried is 'n kleurlose vaste stof. Dit word gewoonlik deur die vermenging van fluorsiliensuur met natriumhidroksied voorberei.

Natrium fluoried het in die 1940's in gebruik gekom om tandbederf te voorkom.[5] Dit is op die WGO se lys van noodsaaklike medisyne - die belangrikste medikasie wat nodig is in 'n basiese gesondheidstelsel.[6] Dit word algemeen gebruik vir die fluoridering van water, en word by tandepasta gevoeg.[7] 'n geskatte 90 persent van die tandepasta in die Verenigde State van Amerika bevat een of ander tipe van fluoried.[8]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 1,5 SciLab
  2. WHO Model Formulary 2008 (PDF). World Health Organization. 2009. p. 501-502. ISBN 9789241547659. Besoek op 8 Januarie 2017.
  3. Saha, Ashok Kumar (2016). Otology & Middle Ear Surgery (in Engels). JP Medical Ltd. ISBN 9789352501229.
  4. British national formulary : BNF 69 (69 uitg.). British Medical Association. 2015. p. 699-700. ISBN 9780857111562.
  5. Murray, John J. (2003). The Prevention of Oral Disease (in Engels). OUP Oxford. p. 53. ISBN 9780192632791.
  6. http://www.who.int/medicines/publications/essentialmedicines/EML_2015_FINAL_amended_NOV2015.pdf?ua=1.
  7. Spellman, Frank R. (2008). Handbook of Water and Wastewater Treatment Plant Operations, Second Edition (in Engels) (2 uitg.). CRC Press. p. 131. ISBN 9781420075304.
  8. Company, DIANE Publishing (30 September 1992). Review Of Fluoride: Benefits And Risks. Report Of The Ad Hoc Subcommittee On Fluoride (in Engels). DIANE Publishing. p. 12. ISBN 9780788107290.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy