Neo-impressionisme

Neo-Impressionisme is 'n term wat in 1886 deur die Franse kunskritikus Félix Fénéon geskep is om 'n kunsbeweging te beskryf wat deur Georges Seurat begin is. Seurat se grootste meesterstuk, 'n Sondagmiddag op die eiland La Grande Jatte, het die begin van hierdie beweging ingelui.[1] Volgelinge van Neo-Impressionisme was aangetrokke tot moderne stedelike tonele sowel as landskappe en strande. 'n Wetenskaplik gebaseerde vertolking van lyne en kleure het Neo-Impressioniste se karakterisering van hulle eie kontemporêre kuns beïnvloed.

Sommige kringe beweer dat Neo-Impressionisme die eerste ware avant-garde beweging in skilderkuns was.[2] Die kunstenaars van die beweging het "beloof om optiese en psigobiologiese teorieë aan te wend in die strewe na 'n grootse sintese van die ideaal en die werklike, die onbestendige en die essensiële, wetenskap en temperament."[1]

  1. 1,0 1,1 Hutton, John G. (2004).
  2. Ward, Martha (1996).

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy