Niersteen

Hierdie artikel handel oor steentjies wat in die niere voorkom. Sien Jade vir die artikel oor die edelgesteente.

Nierstene is vastestofneerslae van opgeloste minerale in urine wat in die nier of ureter gevind word. Hulle wissel in groottes van so klein as 'n korreltjie sand tot so groot as 'n grondboontjie. Nierstene verlaat tipies die liggaam saam met die urienstroom; as hulle groot word voor uitskeiding (in millimeter ordegroottes), kan die verstopping van 'n ureter voorkom en kan die ophoop van urine baie pyn veroorsaak wat oor die algemeen in die sy, laer buik en lies gevoel kan word. Daar bestaan geen verband tussen nierstene en galstene nie.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy