Nimrod

Nimrod, deur David Scott, 1832.

Nimrod (Hebreeus: נִמְרוֹדֿ, Nimrôd; Aramees: ܡܪܘܕ; Arabies: نُمْرُود, Numrūd), ’n Bybelse figuur wat beskryf word as koning van die land Sinar (Mesopotamië), was volgens Genesis en Kronieke die seun van Kus. Volgens die Bybel was hy "’n dapper jagter in die oë van die Here" en "die eerste maghebber op die aarde".[1] Tradisies buite die Bybel wat hom met die Toring van Babel verbind, het gelei tot sy reputasie as ’n koning wat teen God gerebelleer het.

Historici kon Nimrod nog nie met ’n historiese figuur verbind nie. Hy verteenwoordig nie enige persoon in die geskiedenis nie, maar is al geïdentifiseer as verskeie werklike en fiktiewe figure van antieke Mesopotamië, onder andere die Mesopotamiese god Ninurta of ’n samesmelting van twee Akkadiese konings, Sargon en sy kleinseun Naram-Sin (2254-2218 v.C.).

  1. 1983-vertaling

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy