Nitroverbindings

Stuktuur van die nitrogroep

Nitroverbindings is organiese verbindings wat een of meer nitrofunksionele groepe (−NO2) bevat. Die nitrogroep is een van die algemeenste funksionele groepe wat 'n plofstofverbinding maak en word wêreldwyd gebruik. Die nitrogroep trek ook elektrone sterk terug en daarom kan C-H-bindings aangrensend (α) aan die nitrogroep as 'n suur optree. Die aanwesigheid van nitrogroepe in aromatiese verbinding vertraag elektrofiele aromatiese substitusie, maar vergemaklik nukleofiele aromatiese substitusie. Nitrogroepe kom selde in die natuur voor, en word byna altyd geproduseer deur nitrasiereaksies wat met salpetersuur begin.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy