Nostradamus

Nostradamus: oorspronklike portret deur sy seun César

Michel de Nostredame (afhangende van die bron, 14 of 21 Desember 1503[1] – 2 Julie 1566), gewoonlik verlatyns na Nostradamus was ’n Franse apteker en beroemde siener wat versamelings profesieë gepubliseer het wat sedertdien beroemd geword het. Hy is die bekendste vir sy boek Les Propheties, waarvan die eerste uitgawe in 1555 verskyn het. Sedert die publikasie van dié boek, wat ná sy dood omtrent nog nooit uit druk was nie, het Nostradamus ’n gevolg gekry wat, tesame met die populêre pers, aan hom erkenning gee vir die voorspelling van baie groot wêreldgebeurtenisse. Die meeste akademiese bronne hou vol dat die verband tussen wêreldgebeure en Nostradamus se kwatryne hoofsaaklik is as gevolg van wanvertolkings of wanvertalings (soms opsetlik) of dat dit andersins so vaag is dat dit nutteloos is as ’n bewys dat dit ware voorspellings was.

  1. Die meeste ooggetuies van sy oorspronklike grafskrif (wat sy seun Caesar en die geskiedskrywer Honoré Bouche insluit) dui op 21 Desember, maar ’n paar (onder meer sy sekretaris Chavigny) sê die 14de.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy