Ofotfjord

Die Oftotfjord in April
'n Britse kaart wat die posisie van skeepswrakke wys

Die Ofotfjord (['ufut-], Noors Ofotfjorden) is 'n fjord in Noord-Noorweë met 'n lengte van 78 kilometer en 'n diepte van tot by 553 meter. Die belangrikste hawestad is Narvik aan die oostelike ent van die Ofotfjord.

Die fjord se naam is afgelei van die Oudnoorse pleknaam Ófóti en fót ("voet") en verwys moontlik na sy vorm. Die landskap Ofoten is na die fjord vernoem.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy