Okanagan

Okanagan, wat ook as Okanagan Valley en soms as Okanagan Country bekend staan, is 'n gewes in die Wes-Kanadese provinsie Brits-Columbië met 'n oppervlakte van 20 829 vierkante kilometer (sensusgebied van Statistics Canada) en 'n bevolking van 297 601 (2001). Die gebied behels die bekken van die Okanagan-meer en die Kanadese deel van die Okanagan-rivier, en sy belangrikste stad is Kelowna.

Okanagan is een van die warmste gebiede in Kanada en 'n gewilde bestemming vir bootvaarders en ander watersportentoesiaste, asook 'n geskikte gebied vir skisport, stappers en vrugtebou. Okanagan het intussen ook bekendheid verwerf vanweë sy wynboubedryf.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy