Ontbyt

'n Tradisionele Engelse ontbyt: Spek en eiers, sousbone, tamatie, sampioene en 'n varkworsie.
'n Tradisionele Japannese ontbyt: rys, piekels, 'n repie gebakte salm, eier, nori, groente met sesamepoeier.
Tradisionele kontinentale ontbyt – net die minimum!
'n Ligte ontbyt in Brasilië

Ontbyt is die eerste maaltyd wat genuttig word nadat iemand van 'n nagrus ontwaak het, meestal vroegoggend geëet voor die aanvang van 'n dag se werk.[1] "Ontbyt" kan verwys na hierdie ete of verwys na 'n maaltyd bestaande uit tradisionele ontbytkos (soos eiers, spek en wors) bedien te eniger tyd van die dag. Die woord verwys letterlik na die breek van die vastydperk van die vorige nag.[2]

Ontbytgeregte wissel van plek tot plek, maar sluit gewoonlik 'n koolhidraat in soos hawermout, graanvlokkies of roosterbrood, vrugte en/of groente, 'n proteïenvoedsel soos eiers, vleis of vis, en iets te drinke soos tee, koffie, melk of vrugtesap. Ontbytgraan, pannekoek, wors, eierbrood, spek, vars vrugte, groente, eiers, muesli, sampioene, boontjies, muffins, plaatkoekies, roosterbrood met botter/margarien en konfyt is algemene voorbeelde van ontbytkos.

Daar bestaan egter 'n veel groter verskeidenheid in voorbereiding en bestanddele as bogenoemde, wat meestal verband hou met waar in die wêreld die ontbyt genuttig word.[3]

  1. "Breakfast – definition of breakfast by the Free Online Dictionary, Thesaurus and Encyclopedia" (in Engels). Thefreedictionary.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 28 Maart 2012.
  2. (en) "Breakfast". Etymonline.com. Besoek op 2 Februarie 2013.
  3. (en) "Geskiedenis van ontbyt". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Januarie 2011. Besoek op 21 April 2011.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy