Oos-Fries

Oos-Fries
Gepraat in: Vlag van Duitsland Duitsland 
Gebied: Nedersakse
Totale sprekers: 5 120[1]
Taalfamilie: Indo-Europees
 Germaans
  Wes-Germaans
   Anglo-Fries
    Oos-Fries 
Skrifstelsel: Latynse alfabet 
Amptelike status
Amptelike taal in: Vlag van Duitsland Duitsland
Gereguleer deur:
Taalkodes
ISO 639-1: geen
ISO 639-2: frs
ISO 639-3: frs 
Huidige verspreiding van Friese tale: ██ Noord-Fries ██ Saterfries ██ Wes-Fries
Voormalige verspreiding van Oos-Friese dialekte

Oos-Fries (Duits: Ostfriesische Sprache) is 'n Wes-Germaanse taal wat deur 5 120 mense hoofsaaklik in die Duitse deelstaat Nedersakse (Oos-Friesland) gepraat word. Die laaste dialek van Oos-Fries, wat vandag nog bestaan, is Saterfries en word deur 2 000 mense in Saterland gepraat.

Die naaste tale, wat nou aan Oos-Fries verwant is, is Noord- en Wes-Fries, wat uit Ou-Fries ontstaan het. Die naaste verwante tale is Engels en Skots, wat saam met die Friese tale die Anglo-Friese tale vorm.

  1. "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Frisian, Eastern" (in Engels). Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Junie 2019. Besoek op 6 April 2016.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy