Oos-Vlaams

Oos-Vlaams
Oostvlaams
Gepraat in: Vlag van België België
Vlag van Nederland Nederland 
Gebied: Oos-Vlaandere
Totale sprekers: onbekend
Taalfamilie: Indo-Europees
 Germaans
  Wes-Germaans
   Nederfrankies
    Nederlands
     Oos-Vlaams 
Skrifstelsel: Latynse alfabet
Taalkodes
ISO 639-1: geen
ISO 639-2:
ISO 639-3: — 
Die verspreiding van die Oos-Vlaamse dialek in die Nederlandse taalgebied
Oorgangsgebied tussen die Wes-Vlaamse en Oos-Vlaamse dialek

Oos-Vlaams (Oos-Vlaams: Uuëst-Vloams, Nederlands: Oost-Vlaams) is 'n Nederfrankiese dialek, wat tot die Nederlandse taal behoort. Oos-Vlaams word tot die Brabants-Frankiese dialekte en die suidelik-sentrale dialekgroep gereken.

Oos-Vlaams word in die westelike deel van België gepraat: hoofsaaklik in die provinsie Oos-Vlaandere, verder in die noordooste en die suidooste van die provinsie Wes-Vlaandere, in die munisipaliteit Zwijndrecht van die provinsie Antwerpen en in 'n paar Hainautse dorpe by die Oos-Vlaamse grens. Daarbenewens word Oos-Vlaams ook in die ooste van die Nederlandse gebied van Zeeuws-Vlaandere gepraat.

Die Oos-Vlaamse streektaal het invloede van die Franse taal en die Brabantse streektaal ondergaan.

Die ooste van Wes-Vlaandere en die weste van Oos-Vlaandere vorm 'n oorgangsgebied tussen die Wes-Vlaamse en die Oos-Vlaamse dialek. Hierdie grensgebied is oral taamlik breed, behalwe naby die stad Aalter. Verder vorm die ooste van Oos-Vlaandere 'n oorgangsgebied met die Brabantse dialek. In die omgewing van die rivier die Dender, soos in Denderleeuw en Aalst, vertoon die dialek al baie Brabantse kenmerke.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy