Optogenetika

Voorbeeld van optogenetiese aktivering van die frontale lob

Optogenetika (van Grieks optikós, d.i. sigbaar, waargenome) is 'n biologiese tegniek wat lig aanwend om selle in lewende weefsel, tipies neurone wat geneties gemodifiseer word om uitdrukking te gee aan ligsensitiewe ioonkanale, te beheer. Dit is 'n metode van neuromodulasie wat in neurowetenskap gebruik word, wat optiese en genetiese tegnieke kombineer om die aktiwiteite van indiwiduele neurone in vivo te moniteer en beheer — selfs in vrylik bewegende diere — en wat hierdie gemanupuleerde effekte deurlopend kan registreer.[1]

  1. Deisseroth, K.; Feng, G.; Majewska, A. K.; Miesenbock, G.; Ting, A.; Schnitzer, M. J. (2006). "Next-Generation Optical Technologies for Illuminating Genetically Targeted Brain Circuits". Journal of Neuroscience. 26 (41): 10380–6. doi:10.1523/JNEUROSCI.3863-06.2006. PMC 2820367. PMID 17035522.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy