Orionnewel

Orion-newel
Die hele Orion-newel in sigbare en infrarooilig. Bron: Nasa/ESA
Die hele Orion-newel in sigbare en infrarooilig.
Bron: Nasa/ESA
Soort newel Emissie-/refleksienewel
Sterrebeeld Jagter
Messier-naam Messier 42
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 05h 35m 17,3s
Deklinasie -05º 23' 28"
Skynmagnitude (m) 4
Besonderhede
Afstand (ligjaar) 1 340
Skynbare grootte 60' x 60'
Ander name
NGC 1976, LBN 974, Sharpless 281
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Die Orion-newel (ook bekend as onder meer Messier 42 en NGC 1976) is ’n emissie-en-refleksienewel suid van die Jagter se Belt in die sterrebeeld Jagter (Orion). Dit is een van die helderste newels en is met die blote oog sigbaar.

Die newel is 1 344 ± 20 ligjare van die Aarde af[1][2] en is die naaste gebied van massiewe stervorming. Dit is na raming 24 ligjare breed en het ’n massa van 2 000 sonmassas. Ouer dokumente verwys dikwels daarna as die Groot Newel in Orion.

Die Orion-newel is een van die mees gefotografeerde en bestudeerde voorwerpe aan die naghemel.[3] Dit het baie onthul oor hoe sterre en planeetstelsels uit wolke gas en stof gevorm word. Sterrekundiges kon allerhande voorwerpe in die newel waarneem, soos protoplanetêre skywe, bruin dwerge, intense en onstuimige bewegings van die gas en die uitwerking van die foto-ionisering van massiewe nabygeleë sterre. Daar is ook supersoniese gas-"koeëls" wat deur die waterstofwolke van die newel dring. Elke koeël is tien keer die deursnee van Pluto se wentelbaan en het punte van ysteratome wat helderblou skyn. Hulle is waarskynlik 1 000 jaar gelede gevorm ná ’n onbekende gewelddadige voorval.[4]

  1. Reid, M. J. (2009). "Trigonometric Parallaxes of Massive Star Forming Regions: VI. Galactic Structure, Fundamental Parameters and Non-Circular Motions". Astrophysical Journal. 700: 137. arXiv:0902.3913. Bibcode:2009ApJ...700..137R. doi:10.1088/0004-637X/700/1/137. {{cite journal}}: Onbekende parameter |coauthors= geïgnoreer (hulp)
  2. Hirota, Tomoya; Bushimata; Choi; Honma; Imai; Iwadate; Jike; Kameno; Kameya (2007). "Distance to Orion KL Measured with VERA". Publications of the Astronomical Society of Japan. 59 (5): 897–903. arXiv:0705.3792. Bibcode:2007PASJ...59..897H. {{cite journal}}: Onbekende parameter |coauthors= geïgnoreer (hulp)
  3. Press release, "Astronomers Spot The Great Orion Nebula's Successor", Harvard-Smithsonian Center for Astrophysics, 2006.
  4. "Gemini's Laser Vision Reveals Striking New Details in Orion Nebula". Gemini Observatory (in Engels). 22 Maart 2007. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Maart 2016. Besoek op 1 Junie 2010.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy