Ostjaaks

Ostjaaks
ханты ясаң, hantĩ jasaň
Gepraat in: Vlag van Rusland Rusland 
Gebied: Chanto-Mansië
Totale sprekers: 9 580[1]
Taalfamilie: Oeraals
 Fins-Oegries
  Oegries[2]
   Ostjaaks 
Skrifstelsel: Cyrilliese alfabet 
Amptelike status
Amptelike taal in: Chanto-Mansië
Gereguleer deur: geen
Taalkodes
ISO 639-1: geen
ISO 639-2: fiu
ISO 639-3: kca

Ostjaaks of Chanti (ханты ясаң, hantĩ jasaň) is een van twee Ob-Oegriese tale, die ander is Wogoels, wat saam met Hongaars die Oegriese tak van die Fins-Oegriese groep in die Oeraalse taalfamilie vorm. Dit word in die okrugs van Chanto-Mansië (Russies: Ханты-Мансийский – Chanti-Mansjiskii) en Jamalo-Nenetsië (Яма́ло-Нене́цкий), sowel as in die Aleksandrowski- en Kargosokski-distrikte van die Tomsk-oblast in Rusland gepraat. Daar was volgens die sensus van 2010 9 600 Ostjaakssprekers in Rusland.

  1. "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Khanty" (in Engels). Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Junie 2019. Besoek op 8 November 2017.
  2. Jacek Fisiak, Raymond Hickey, Stanisław Puppel, Language History and Linguistic Modelling: A Festschrift for Jacek Fisiak on His 60th Birthday, Contributor Jacek Fisiak, Uitgegee deur Walter de Gruyter, bl. 831, 1997, ISBN 3-11-014504-9, 9783110145045

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy