Otavi

Otavi
'n Lugbeeld van Otavi in 2018
'n Lugbeeld van Otavi in 2018
Wapen van Otavi
Wapen
Leuse(s): 
Volhard en Oorwin
Otavi is in Namibia
Otavi
Otavi
Koördinate: 19°39′S 17°20′O / 19.650°S 17.333°O / -19.650; 17.333
LandVlag van Namibië Namibië
StreekOtjozondjoepa
KiesafdelingOtavi
Bevolking
 • Totaal3 813
TydsoneUTC+2 (SAST)

Otavi is 'n dorp met 4 000 inwoners in die Otjozondjoepa-streek van sentraal Namibië. Dit is die hoofstad van die Otavi-kiesafdeling. Groot dele van die gebied is dolomiet (Prekambries) en was in die verlede bekend vir sy minerale rykdom. Meeste van die voorrade is egter nou uitgeput.

Elefantenberg naby Otavi

Op die plaas Khorab, 2,6 km noord van Otavi is 'n gedenkteken ('n klip) wat die onderhandelinge tussen die Suid-Afrikaanse en Duitse troepe tydens die Eerste Wêreldoorlog aandui. Die onderhandelinge het gelei tot die Vrede van Khorab op 9 Julie 1915 en die oorgawe van ongeveer 4 000 Duitse soldate.[1]

  1. Cassidy, Joseph (2009). Place Names of Namibia A Historical Dictionary. Windhoek: Macmillan Education Namibia Publishers (Pty) Ltd. p. 85. ISBN 978-99916-0-654-5.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy