Ovambo's

Ovambo

Ovambo-mans (1906–1918)
Totale bevolking: ~1,6 miljoen[1]
Belangrike bevolkings  in: Vlag van Namibië Namibië ~1,2 million[1][2]

Vlag van Angola Angola 425 000[2]

Taal: Oshiwambo
Geloofsoortuiging: Christendom (Lutheranisme[2])
Verwante etniese groepe: Ander Bantoevolke

Die Ovambovolk, ook genoem Ambo, Aawambo (Ndonga) of Ovawambo (Kwanyama), is 'n Suider-Afrikaanse etniese stamgroep. Hulle is die grootste etniese groep in Namibië, wat in die noordelike streke woon en dikwels Ovambo genoem word. Hulle word ook in die suide van die Angolese provinsie Cunene aangetref, waar die naam Ambo meer algemeen gebruik word.[3][4] Die Ovambo bestaan uit 'n aantal van die familie etniese Bantoevolke wat die voormalige Ovamboland bewoon. Hulle tel ongeveer vyftig persent van die Namibiese bevolking, dus verteenwoordig die Ovambo die grootste etniese groep in die streek.[1] In Angola is hulle ver in die minderheid, ongeveer 2% van die totale Angolese bevolking.[5]

Ovambo-vrou en kind

Die Ambo-mense migreer suid van die boonste dele van die Zambezi in die tydperk rondom die 14de eeu. Die kontemporêre totale Ambo-bevolking is sowat 1,6 miljoen, en hulle is oorwegend Christene (97%).[6]

Die Ambo is 'n etnolingustiese groep en praat die Ovambotaal, ook genoem Oshiwambo, Ambo of Kwanyama, 'n taal wat behoort tot die suidelike tak van die Niger-Kongo-taalfamilie.[7]

  1. 1,0 1,1 1,2 Namibia: People and Society Geargiveer 23 April 2020 op Wayback Machine, CIA Factbook, United States; "about 50% of the population belong to the Ovambo tribe", total population: 2.4 million
  2. 2,0 2,1 2,2 "The Ambo, Ndonga people group are reported in 2 countries" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 November 2019. Besoek op 25 Desember 2014.
  3. Ambo people, Encyclopædia Britannica
  4. John A. Shoup (2011). Ethnic Groups of Africa and the Middle East: An Encyclopedia. ABC-CLIO. pp. 235–236. ISBN 978-1-59884-362-0.
  5. Adebayo Oyebade (2007). Culture and Customs of Angola. Greenwood. p. 7. ISBN 978-0-313-33147-3.
  6. Victor L. Tonchi (2012). Historical Dictionary of Namibia. Scarecrow. pp. 330–331. ISBN 978-0-8108-7990-4.
  7. Ndonga, A language of Namibia; Oshiwambo, A language of Angola, Ethnologue

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy