Pen

'n Balpuntpen

'n Pen (Latyn: pinna, veer) is 'n instrument wat gebruik word om mee te skryf of te teken. Die ink van die pen word op die papier uitgedruk, dit word vinnig droog en laat sigbare strepe en merke agter. Meeste penne gebruik blou ink, maar mens kry ook penne met rooi, swart en selfs groen ink.[1] Die ink wat in penne gebruik word, moet 'n spesifieke chemiese samestelling en sekere fisiese eienskappe sodat dit 'n lyn laat wat aaneenlopend en skoon, en sonder vlekke of onderbrekings sal wees.

Die chemiese samestelling van die ink is sodanig dat die ink self onuitwisbaar op papier is en dit dus gebruik kan word vir die opstel van belangrike dokumente. Die fisiese eienskappe wat pen-ink van gewone ink onderskei, is groter viskositeit (met ander woorde dit is minder vloeibaar as gewone ink) en hoër rekbaarheid of smeedbaarheid (dit wil sê die ink kan in baie dun draadjies getrek word sonder dat dit breek).

  1. "pen." Word Histories and Mysteries. Boston: Houghton Mifflin, 2004. Credo Reference. Web. 17 September 2012.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy