Perdekopnewel | ||||
Die omgewing van die newel. Die refleksienewel NGC 2023 is links onder en die newel self naby die middel, in die vorm van die kop van ’n perd. | ||||
Soort newel | Donker | |||
Sterrebeeld | Jagter | |||
Tipe | Diffusienewel | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 05h 40m 59.0s | |||
Deklinasie | -02° 27′ 30.0" | |||
Besonderhede | ||||
Afstand (ligjaar) | 1 500 | |||
Skynbare grootte | 8 × 6 boogminute | |||
Ander name | ||||
Barnard 33, LDN 1630 | ||||
|
Die Perdekopnewel (ook bekend as Barnard 33) is ’n donker newel in die sterrebeeld Jagter.[1] Dit is geleë net suid van die ster Alnitak, wat die verste oos is aan die Jagter se Belt, en is deel van die veel groter Orion- Molekulêre Wolkkompleks. Die newel is die eerste keer in 1888 aangeteken deur die Skotse sterrekundige Williamina Fleming op fotoplate B2312 wat deur die Harvardkollege-sterrewag geneem is.[2]
Die Perdekopnewel is sowat 1 500 ligjare van die Aarde af. Dit is een van die herkenbaarste newels vanweë die vorm van sy draaiende wolk donker stof en gas wat byna soos ’n perd se kop lyk wanneer dit van die Aarde af gesien word.[3]