Pisanello

Pisanello
'n Medalje wat die profiel van Pisanello toon
Gebore
Antonio di Puccio Pisano

c. 1395
Pisa, Italië
Sterfc. 1455
Napels, Italië
BeroepSkilder, freskos, medaljes
BewegingInternasionaal Goties

Luafout in Module:Check_for_unknown_parameters op reël 93: attempt to call field '_warning' (a nil value)

Sint Joris en die Prinses (detail met perd).

Pisanello (c. 1395 - c. 1455), professioneel bekend as Antonio di Puccio Pisano of Antonio di Puccio da Cereto, ook verkeerdelik Vittore Pisano genoem deur Giorgio Vasari was een van die mees luisterryke skilders van die vroeë Italiaanse Renaissance en Quattrocento. Hy was deur digters soos Guarino da Verona bewonder en geprys deur humaniste van sy era, wat hom vergelyk het met sulke roemryke name soos Cimabue, Phidias en Praxiteles.

Pisanello is bekend vir sy pompeuse fresko's in groot muurskilderye, elegante portrette, klein esel-prente, en baie briljante tekeninge. Hy is die mees belangrikste portret medaljis van die eerste helfte van die 15de eeu, en kan hom daarop roem dat die oorsprong van hierdie belangrike genre by hom lê.[1]

He was in diens van die Doge van Venesië, die Pous in die Vatikaan en die howe van Verona, Ferrara, Mantua, Milaan, Rimini, en by die Koning van Napels. Hy is hoog aangeskryf in die Gonzaga en Este families.

Baie van Pisanello se werke is verkeerdelik aan ander kunstenaars toegeskryf soos bv. Piero della Francesca, Albrecht Dürer en Leonardo da Vinci, om maar 'n paar te noem. Terwyl die meeste van sy skilderye vergaan het, het vele van sy tekeninge en medaljes behoue gebly.

Portret van Ludovico III Gonzaga, markgraaf van Mantua. Elektrotipe van die medalje deur Antonio Pisano (teenoorgestelde kant).
Portret van 'n Prinses, c. 1435-1440.
Medalje van Johannes VIII Palaeologus deur Pisanello wat hom by Ferrara in 1438 gesien het.
Die Vision van Sint Eustasie, c. 1438–1442.
Cecilia Gonzaga medalje: Onskuld en Eenhoring in Maanverligte Landskap (1447).
  1. Victoria and Albert Museum

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy