Postmasburg

Postmasburg
Postmasburg is in Noord-Kaap
Postmasburg
Postmasburg
 Postmasburg se ligging in Noord-Kaap
Koördinate: 28°19′0″S 23°04′0″O / 28.31667°S 23.06667°O / -28.31667; 23.06667
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieNoord-Kaap
DistrikZF Mgcawu
MunisipaliteitTsantsabane
Stigting1892
Regering
 • TipePlaaslike Munisipaliteit
Oppervlak
 • Totaal158,41 km2 (61,16 vk. myl)
Bevolking
 (2011)[1]
 • Totaal30 089
 • Digtheid190/km2 (500/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
 • Wit mense7.4%
 • Indiërs/Asiërs0.5%
 • Bruin mense36.8%
 • Swart mense54.6%
 • Ander0.7%
Taal (2011)
 • Afrikaans 53.9%
 • Tswana 33.6%
 • Xhosa 2.7%
 • Sotho 2.6%
 • Ander 7.2%
Poskode (strate)
8420
Poskode (posbusse)
8420
Skakelkode053

Postmasburg is 'n dorp in die Kalahariwoestyn van die provinsie Noord-Kaap (Suid-Afrika), wat veral as 'n sentrum van hematiet ystererts-, mangaan- en diamantmynbou bekend staan. Histories was asbes en kieselgoer ook in die omgewing gemyn. Die Gatkoppiesmyn sowat vyf kilometer noord van Postmasburg is 'n belangrike argeologiese terrein. Opgrawings, wat hier gedoen is, het die bewys gelewer dat die Khoisan reeds omtrent die jaar 700 hier met mynbou besig was. Hulle het 'n rooi stof wat van die ystererts afkomstig was, genaamd blinkklip, gebruik om hul velle en gesigte te kleur. Blinkklip is spekulariet wat bestaan uit plaatagtige kristalle van hematiet wat 'n glans skynsel het.

Die SA Leër se gevegsopleidingsgebied, Lohatlha, is 30 km noord van die dorp geleë.

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 "Hoofplek Postmasburg". Sensus 2011.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy