Potala-paleis

Potala-paleis
Koördinate 29°39′28″N 91°07′01″O / 29.65778°N 91.11694°O / 29.65778; 91.11694
Plaaslike naam  པོ་ཏ་ལ
Land Tibet
Soort Paleis
Geskiedenis
Stigter Songtsän Gampo
Gestig 637
Tydperk 1645 tot hede (huidige paleis)
Unesco-wêrelderfenisgebied
Tipe Kultureel
Kriteria i, iv, vi
Verwysing 707 (1994, 18de sessie)
Streek† Asië
Beskrywing* Historiese Ensemble van die Potala-paleis, Lhasa
Streek soos deur Unesco geklassifiseer.
* Naam soos op die Wêrelderfenislys

Die Potala-paleis (Tibettaans: པོ་ཏ་ལ) in Lhasa, Tibet, was die amptelike woning en regeringsetel van die Dalai Lamas tot met die 14de Dalai Lama, wat na Indië gevlug het tydens die 1959-opstand in Tibet. Dit is nou ’n museum en wêrelderfenisgebied.

Die paleis is genoem na Berg Potalaka, die mitiese woonplek van die bodhisattva Avalokiteśvara.[1] Die 5de Dalai Lama het die bou daarvan in 1645 begin.[2] Dit lê dalk op die oorblyfsels van ’n vroeëre vesting met die naam Wit of Rooi Paleis[3] wat Songtsän Gampo, stigter van die Tibettaanse Ryk, in 637 op die terrein laat bou het.[4]

Die gebou is van oos na wes 400 meter en van noord na suid 350 m, met mure van gemiddeld 3 m dik (5 m by die basis) en koper wat in die fondament gegooi is om die gebou teen aardbewings te beskerm.[5] Daar is 13 verdiepings met meer as 1 000 kamers, 10 000 altare en 200 000 standbeelde. Dit is 117 m hoog en lê op Marpo Ri, die "Rooi Heuwel"; dit troon altesaam meer as 300 m bo die vallei uit.[6]

Volgens tradisie verteenwoordig die drie hoofheuwels van Lhasa die "Drie Beskermers van Tibet". Chokpori, net suid van die Potala, is die siel-berg of Vajrapani, Pongwari dié van Manjusri, en Marpori, die heuwel waarop die Potala staan, verteenwoordig Avalokiteśvara.[1]

  1. 1,0 1,1 Stein, R.A. Tibetan Civilization (1962). In Engels vertaal. 1ste Eng. uitg. Faber & Faber, Londen (1972). Herdruk: Stanford University Press (1972)
  2. Laird, Thomas. (2006). The Story of Tibet: Conversations with the Dalai Lama, bl. 175. Grove Press, New York. ISBN 978-0-8021-1827-1.
  3. W.D. Shakabpa, One hundred thousand moons, vert. deur Derek F. Maher, Vol.1, BRILL, 2010 bl. 48
  4. Michael Dillon, China : a cultural and historical dictionary, Routledge, 1998, bl. 184.
  5. Booz, Elisabeth B. (1986). Tibet, bl. 62–63. Passport Books, Hong Kong.
  6. Buckley, Michael and Strausss, Robert. Tibet: a travel survival kit, bl. 131. Lonely Planet. South Yarra, Vic., Australië. ISBN 0-908086-88-1.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy