Projek

Kunstenaarsvoorstelling van 'n projekverloop. Elke projek het 'n tyd (uurglas) met 'n begin en eindkomponent

Die term projek word in projekbestuur op verskillende maniere gedefinieer:

  • 'n Onderneming waarby die inset van mense, materiaal en finansiële middele opnuut georganiseer word met die doel om 'n bepaalde hoeveelheid werk of 'n spesifieke opdrag te verwesenlik wat beperk word deur tyd of geld en wat in 'n kwalitatiewe en kwantitatiewe opsig lei tot 'n gunstige verandering. (Rodney Turner)
  • 'n Projek is 'n tydelike bestuursomgewing wat gevorm word met die doel om één of meer besigheidsprodukte vir 'n spesifieke besigheidsgeval te lewer.
  • 'n Projek is 'n unieke opgawe wat deur tyd en middele begrens word en afgesluit word met 'n projekresultaat.
  • 'n Projek is 'n tydelike inspanning wat die skepping van 'n unieke produk of diens as doel het.
  • 'n Projek is die geheel van aktiwiteite om in 'n tydelike organisasie binne gestelde voorwaardes 'n voorafgedefinieerde resultaat te bereik.
  • 'n Projek is 'n, deur tydbegrensde, aktiwiteit om iets te skep.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy