Proporsie

Ligaamsproporsie

Die HAT omskryf proporsie as die verhouding tussen die onderdele van iets. Volgens die WAT is dit die gevormdheid of afmeting van iets in verhouding tot 'n ander deel of ander dele daarvan, bv. 'n gebou met eenvoudige, harmonieuse, mooi, pragtige proporsies. Die woord is van die Latynse proportio afkomstig, wat ‘deel’ beteken.

Proporsie verwys na balans, eweredigheid, harmonie. Dit is deel van 'n groter geheel, of hoeveelheid of getal wat deel van 'n groter geheel vorm: 'n Aanmerklike, aansienlike, beduidende, groot proporsie. Dit kan ook op persentasie en afmeting dui, bv. die mielieoes het vanjaar merkwaardige proporsies aangeneem.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy