Prosesfilosofie

Prosesfilosofie, of prosesdenke, is 'n filosofiese stroming wat die laatste dertig jaar veral aandag vestig binne die geesteswetenskappe. Volgens dié filosofie kan alles (insluitend die heelal, die wêreld, die skepping, die mens en God) beskou word as bestaande uit aaneenlopende gebeure of prosese. Dit stel dat niks stilstaan nie, maar alles verander, ontwikkel en beweeg. Prosesfilosofie is 'n dinamiese denkrigting, wat in kontras staan teenoor baie klassieke idees van stabiele sekerheid.

Prosesfilosofie (wat ook gesien kan word as die ontologie van wording) identifiseer die metafisiese realiteit met verandering en ontwikkeling. Sedert die tyd van Plato en Aristoteles, het baie filosowe beweer dat ware realitiet “tydloos” is, gebaseer op permanente substansie. As Sokrates verander, deur siek te word, is hy steeds dieselfde (die substansie van Sokrates bly dieselfde, en verandering - sy siekte) beweeg bloot oor sy substansie. Verandering is dus vlietend, terwyl substansie essensieel bly. Voorts, klassieke ontologie verwerp enige werklike verandering, wat afgemaak word as bloot tydelik en nie essensieel van aard nie. Hierdie klassieke ontologie is wat kennis en 'n teorie van kennis moontlik maak, aangesien dit geglo was dat ontwikkeling van 'n wetenskap van iets in verandering nie moontlik was nie.

In teenstelling met die klassieke model van verandering (soos gestel deur Aristotles), beskou prosesfilosofie verandering as die hoeksteen van realiteit. Moderne filosowe wie eerder fokus op proses as substansie sluit in Friedrich Nietzsche, Martin Heidegger, Charles Sanders Peirce, Alfred North Whitehead, Alan Watts, Robert M. Pirsig, Charles Hartshorne, Arran Gare, Nicholas Rescher, Colin Wilson en Gilles Deleuze. In fisika maak Ilya Prigogine die onderskeid tussen die "fisika van bestaan " en die "fisika van wording". Prosesfilosofie bestrek nie net wetenskaplike denke en ervarings nie maar kan ook gebruik word as 'n konseptuele brug om gesprekke te fasiliteer tussen godsdiens, filosofie en wetenskap.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy