Pylsterteend

Pylsterteend
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
A. acuta
Binomiale naam
Anas acuta
Liggroen: broeigebied; blou: oorwintergebied; donker groen: permanente habitat

Die pylsterteend (Anas acuta) is 'n algemene en wydverspreide eend wat oor groot dele van Noord-Amerika, Europa en Asië voorkom, asook in sekere streke in Afrika. Die spesie kom ook voor in 'n klein strekie in suidelike Afrika en word dus ook as 'n Suider-Afrikaanse voël beskou. Hulle is streng nomadies. Buite die paarseisoen is hulle hoogs gesellig en vorm groot gemengde swerms met ander eende.

Eilandbevolkings het afgesplinter en ontwikkel in aparte spesies soos Eaton se pylsterteend (Anas eatoni), 'n nabyverwante spesie waarvan twee vorme op die Kergueleneilande (Anas eatoni eatoni), en Crozeteilande (Anas eatoni drygalskyi) in die suidelike Indiese Oseaan gevind word. In beide gevalle ontwikkel die manlike voēls nie volle broeivere nie.

Bedreigings vir die pylsterteend sluit in: voëlgriep en verlies van watergebiede as gevolg van ontwikkeling, besoedeling en indringerplante.

  1. BirdLife International (2008). Recurvirostra avosetta. 2008 IUBN Rooi Lys van bedreigde spesies. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur 2008. Verkry op 13 May 2009. Databasis inskrywing gee kort verdediging hoekom hierdie spesie nie bedreigd is nie.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy